Mookgopong Rural, Mookgopong, Limpopo ID 1207877
Townhouse/Cluster
1.0
2
Hierdie pragtige 2-slaapkamer, 1-badkamer rondawel is die perfekte keuse vir ’n sorgvrye aftree-leefstyl. Dit bied oopplan kombuis- en leefarea vir gesellige samekomste, onderdakstoep en buitebraai vir ontspanning in die buitelug, ’n "inverter" vir ononderbroke kragtoevoer en afdakparkering vir gerief en beskerming. Waarom Die Oog? Meer as net ’n aftree-oord – dit is ’n lewenstylbestemming! Geniet ’n swembad en waterglybaan, tennisbane, boulveld en staproetes, asook wild wat vry rondloop binne die omheinde reservaat. Die oord beskik oor ’n eetsaal met heerlike daaglikse etes, ’n kruidenierswinkeltjie en gerieflike wegneemetes. Daar is ook ’n pooltafel, tafeltennis en ’n minigholfbaan vir ontspanning en vermaak. Vir gemoedsrus is daar ’n 24-uur sorgsentrum. Hierdie unieke woning bied ’n rustige en gerieflike leefstyl omring deur natuur en vakansie-fgevoel geriewe. Moenie hierdie geleentheid misloop nie! Kontak ons vandag nog – as die Beste Eiendomsagentskap in Suid-Afrika vir 2024, is ons gereed om jou drome te verwesenlik! Jou nuwe huis wag in Die Oog!
eXp Realty
Interested in properties in this area? Enter your email and get regular updates about properties.
Property Not Available? Report it